Skokkende foto van vernietiging
Dié ontstellende foto van ’n vuur wat op die stoep van die ou Standard Bank-gebou in Kerkstraat op Oudtshoorn gemaak is, is gister deur Johann Coetzer van Oudtshoorn aan Die Hoorn gestuur. Dié pragtige historiese sandsteengebou in Kerkstraat staan sedert April vanjaar leeg nadat die bank na ’n ander perseel in Hoogstraat verhuis het. Standard Bank het in 1904 in dié gebou ingetrek wat spesiaal vir hulle ontwerp en gebou is. Die gebou is tans in die mark.