Lasbrief vir vrou wat glo messteek

’N LASBRIEF is verlede Dinsdag in die Oudts­hoorn Streekhof uitgereik vir ’n vrou van Smartie Town in Oudtshoorn wat van moord aangekla word en nie by die hof was nie.

Die 38-jarige Sonia Arries word aangekla van die moord op die 36-jarige Denzel Tarentaal van Oudtshoorn op 30 Januarie 2020.

Arries het volgens die ondersoekbeampte in die saak, ao Darome Burger, die betrok­ke aand in Reggie Oliphantlaan saam met vier mans gesit en drink.

Hulle het haar toe begin terg oor ’n “seks-speel­ding” wat om haar lyf gebind was.

Sy het Tarentaal glo eers op die bobeen gesteek waarna ’n woordewisse­ling plaasgevind het.

’n Rukkie later het sy hom na bewe­ring in die bors gesteek en hy is op die toneel oorlede.

Streeklanddros Daniel Boks het Arries se borgtog van R500 voorlopig verbeurd verklaar aan die staat en die saak tot 25 Augustus uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)