Sisonke-studie: J&J-entstof effektief teen Delta-variant

DIE eerste resultate van die Sisonke-studie oor die inenting van 480 000 Suid-Afrikaanse gesond- heidswerkers met die J&J-entstof toon dat die entstof beskerming van 71% teen hospitalisasie en tot 96% teen die dood bied.

Die gesondheidswerkers is tussen 17 Februarie en 17 Mei vanjaar ingeënt.

Die eerste resultate is verlede Vrydag bekend gemaak, met nog resultate wat binnekort verwag word.

Volgens prof Glenda Gray, president of the SA Mediese Navorsingsraad en mede-leier van die Sisonke-studie, toon die studie dat die entstof beskerming vir tot agt maande bied, en dat daar nie tans ’n opvolg-inspuiting (booster shot) vir die J&J-entstof nodig is nie.

Dié Suid-Afrikaanse studie lewer die eerste grootskaalse bewys dat die entstof effektief is teen die Delta-variant wat in groot dele van die wêreld verwoesting saai.