Sesjarige sterf na skok met kragdraad

‘N SESJARIGE seuntjie van Nissenville in Ladismith, Juwandre Daniels, is gister (Donderdag 10 Desember) dood nadat hy na bewering aan ‘n los draad wat aan ‘n hoogspanningskabel gehang het, gevat het.

Die Kannaland Munisipaliteit het gister dié voorval wat tot ‘n kragonderbreking in die gebied gelei het, op hul Facebook-bladsy bekend gemaak: Dit is met groot hartseer dat ons u moet meedeel van die sterfte van ‘n sesjarige seun na ‘n fratsongeluk in Nissenville, Ladismith op ‘n hoogspanningslyn. Kannaland Munisipaliteit wil groot medelye betoon aan die moeder en gesin vir die groot verlies. Daar sal ‘n volledige ondersoek geloods word ten opsigte die oorsaak vas te stel.

Inwoners van Ladismith was erg geskok oor die voorval en het nadat die voorval bekend geword het, in ongeloof op die toneel begin saamdrom. Foto op toneel: Deon Meyer; Foto van Juwandre verskaf. Berig deur Deon Meyer

275Paul Amas and 274 others58 comments47 sharesLikeCommentShare

Comments

View previous commentsOldest