DIE Ladismith Polisie ondersoek ’n saak van aanranding (gewoon) nadat ’n 70-jarige vrou van die dorp na bewering Vrydag (7 Mei) in PJ Rooistraat met ’n gebalde vuis deur ’n ander vrou geslaan is.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het die voorval na bewering plaasgevind kort nadat die klaer die oggend haar hekkie oopgemaak het.
“Sy maak haar hekkie elke aand met toue vas. Sy het met haar buurvrou gepraat oor water wat by haar erf inloop toe die verdagte met haar motor daar opgedaag en die klaer met die vuis op haar mond geslaan het.”
Die verdagte is ’n senior amptenaar by die Kannaland Munisipaliteit.
Die voorval was na verneem word die week die onderwerp van vele gesprekke in Kannaland. (Deur Liesel le Roux)
Senior amptenaar dam glo 70-jarige met die vuis by
