’N IDENTIKIT is uitgereik van ’n man wat gesoek word vir die diefstal van ’n selfoon op Saterdag 31 Oktober.
Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, het die man omstreeks 11:00 die selfoon uit die hand van ’n ander man voor die Seppie Greeff Gebou in Voortrekkerweg, Oudtshoorn gepluk en oor die straat geloop. Hy het die slagoffer aangesê om saam te stap as hy sy selfoon wou terugkry.
Die slagoffer het die verdagte tot by ’n oop erf in Greeffstraat gevolg, waar hulle in ’n bos riete inbeweeg het. Na bewering is die slagoffer toe verkrag. Die verdagte het daarna met die selfoon weggehardloop.
Enigiemand met inligting kan ao Uys by 083 365 7138 / 044 203 7500 kontak. Inligting sal vertroulik hanteer word.