Moord op Klaas Campher – saak eers in 2021 voor

DIE saak teen ’n man van Dysselsdorp wat van moord op die bejaarde Klaas Campher (63) aangekla word, is in die Oudtshoorn Streekhof as gevolg van ’n vol hofprogram tot 2021 uitgestel.

Justin Baartman (22) word daarvan aangekla dat hy Campher met klippe gegooi het terwyl Camp­her besig was om brandhout te soek. Campher is onderweg na die hospitaal oorlede.

’n Groep mans wat die voorval gesien het, het die polisie geskakel en Baartman is op die toneel in hegtenis geneem. Hy het ’n bekentenis afgelê.
Streeklanddros Ntsoki Moni het sy borgtog van R1 000 tot 8 Februarie 2021 verleng.

Baartman moet by sy grootouers inwoon totdat die saak afgehandel is. (Deur Garnett Wicomb)