Saak teen man wat kind in lug rondswaai na streekhof

DIE saak teen ’n man van Oudtshoorn wat van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla word nadat hy glo ’n eenjarige kind in die lug rondgeswaai het, is Maandag (27 Maart) in die Oudts­hoorn Landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.

Die 31-jarige Ashwin Pietersen is deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in hegtenis geneem nadat ’n video van die beweerde voorval op sosiale media versprei is.

Op die video word die eenjarige seuntjie rondgepluk en die man dreig glo om hom op die teerpad neer te gooi.

Mense probeer die kind wegvat, maar hy word weggeruk en aan die arm rondgeswaai.

Die saak is deur landdros Stephanie Strydom vir verhoor in die streekhof tot 11 April uitgestel.
Pietersen bly in aanhouding. (Deur Garnett Wicomb)