DIE staat se versoek om die bedrog- en korrupsiesaak teen ses beamptes van die Oudtshoorn verkeersdepartement en vyf van twee bestuurskole vir verdere ondersoek vir nog drie maande uit te stel, is Vrydag (29 April) in die Oudtshoorn Landdroshof toegestaan.
Die saak, wat handel oor die beweerde onwettige uitreiking van leerling- en bestuurslisensies, is uitgestel tot 29 Julie.
Die 11 verdagtes – Noloyizo Tose, Thabo Mgaba, Sandile Johnson, Ingrid Wagenaar, Ivan Human, Warren Coetzee, Yolande Stalmeester, Phumezo Tshomiso, Samuel van Hansen, Promises Sovasi en Xolile Gaya – staan tereg op klagtes van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die padverkeerswet.
Die staatsaanklaer, adv Deolin Willemse van die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging, het verduidelik dat forensiese en selfoonverslae nog verkry moet word vir verdere ondersoek.
Landdros Graehymme Williams het sy kommer uitgespreek oor die lang uitstel voordat met die verhoor begin kan word, maar gesê hy wil nie die staat in ’n moeilike posisie plaas deur die versoek te weier nie. (Deur Garnett Wicomb)
Rybewyssaak 3 maande uitgestel

Be the first to comment on "Rybewyssaak 3 maande uitgestel"