Ruk jou rally-vere reg

Foto: Facebook

Is jou vere reg geskud vir die De Grootvoël Rally die naweek? Die amptelike opening vind vandag 18:00 plaas by die Kango Bergoord, net buite Oudtshoorn, maar gaste word al vanaf 09:00 genooi.

Daar is selfs ’n optrede deur die musiekgroep Ysterperd. Die naweek beloof om propvol pret, brullende motorfiets enjins en samesyn te wees.

Saterdag se aksie belaaide program het iets vir elke smaak, selfs vir die spoed vrate. Sondag sal op ’n gepaste wyse afgesluit word met ’n woord deur Pastoor Chris in die hoof tent. Vir meer inligting en die naweek se program, besoek gerus hul Facebookblad of kontak Alex by 064 891 3937 of vir Junita by 072 836 9425, of stuur ’n e-pos na info@grootvoelrally.co.za.