DIE saak teen die vier verdagtes in die moordsaak van Justin Booysen (30) \van Rosebank, is verlede week vir borgtogaansoeke van twee van hulle, tot vandag, Donderdag, 23 Januarie, uitgestel.
Simphiwe Ndoni (31), Ebrahim Malgas (41), Breyton Bruiners (25) en Lorenzo Malgas (23), staan tereg op klagtes van moord en aanranding om ernstig te beseer.
Justin Booysen is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosasingel in Rosebank, doodgeskiet.
Ebrahim Malgas en Lorenzo Malgas het besluit om borgtogaansoeke te bring nadat albei nuwe regsverteenwoordigers aangestel het.
Die polisie-ondersoek is volgens die staatsaanklaer, Tuba Nyamate, afgehandel en landdros Theolin November het die saak tot vandag uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)