Rooms-Katolieke klokke lui weer op Oudtshoorn, lok groot skare inwoners
Biskop Noel Rucastle van die St Saviour Rooms-Katolieke Bisdom van Oudtshoorn by die kloktoring wat op 18 Desember 2022 amptelik ingehuldig is. Sedertdien lui die klokke daagliks, ’n klank wat regoor Oudtshoorn gehoor kan word. Die klokke van die St Saviour Rooms-Katolieke Katedraal in Baron van Reedestraat, wat al bykans vir 20 jaar nie meer lui nie, nadat dit uit die kerktoring verwyder moes word, is op hierdie dag geseën onder toejuiging van ’n groot skare inwoners. Interessant oor hierdie klokke is dat elkeen, waarvan daar vier is wat altesaam byna ’n ton weeg, hul eie naam het. Van die grootste tot kleinste is die name Salvator Mundi, wat verwys na Jesus Christus, die Redder van die wêreld en ook St Saviour; Advocata Nostra, wat verwys na Maria, moeder van Jesus; Apostolatum Significer, die apostoliese boodskapper – simbool van die verkondiging van die evangelie; en Protector Ecclesiae, die beskermer van die kerk, St Joseph. Foto: Stefan Skapie Goosen