’N PROMINENTE raadslid van die Groter Oudtshoorn wat verlede Donderdag (6 Oktober) in die distrikshof op die dorp verskyn het om ’n regsverteenwoordiger aan te stel, het die hof meegedeel dat hy sy eie verdediging gaan waarneem.
Die 40-jarige beskuldigde word daarvan aangekla dat hy op 27 September ’n 37-jarige vroulike werknemer van die munisipaliteit seksueel aangerand het. Hy het Donderdag ’n tweede keer na sy inhegtenisname vroeër verlede week in die hof verskyn.
Landdros Graehymme Williams het die saak tot 18 Oktober uitgestel vir ’n formele borgaansoek. (Deur Garnett Wicomb)