Preston Titus-saak: staat se getuie vermoor

ELVIS GALEBOE (39) wat ’n moontlike staatsgetuie was in die Preston Titus-moordsaak op Oudts­hoorn, is op 30 Desember in Bloemfontein ver­moor.

Galeboe is om 02:38 vier keer voor sy huis geskiet en in die arm, heup en bors getref.

Galeboe het volgens getuienis kontak gehad het met drie van die aangeklaagdes, Magdaleen Titus (Preston se vrou, wat op 5 Desember skuldig bevind is), MJ January (wat Galeboe sy “spirituele vader” op Facebook genoem het) en Natashia Stuurman.

January en Stuurman is op albei klagtes vrygespreek omdat daar nie bewyse was dat hulle betrokke was by die beplanning van die moord nie.
Galeboe was ten tye van sy dood ’n verdagte in die huurmoord op ’n Bloemfonteinse boer, Ntau Lucas Mokoena (51), waarop Mokena se vrou teregstaan.

Daar word beweer dat hy ’n verhouding met Kelebogile Mokoena, die vermoorde se vrou, gehad het.

Vonnisoplegging in Titus-saak
Die vonnisoplegging van Magdaleen Titus en Justice Mooi begin op 3 Februarie in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn. (Deur Angelique Erasmus)