Polisiekantoor veilig verklaar na vroeëre bomdreigement

Personeel van die Oudtshoorn Polisiekantoor wag vanoggend voor die geslote hek terwyl polisiehonde die gebou deursoek. Foto: Liesel le Roux

Personeel van die Oudtshoorn Polisiekantoor wag vanoggend voor die geslote hek terwyl polisiehonde die gebou deursoek. Foto: Liesel le Roux

DIE Oudtshoorn Polisiekantoor is vanoggend kort voor 11:30 veilig verklaar nadat die kantoor vroeër ’n bomdreigement ontvang het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die skakelbord kort na 10:00 ’n anonieme oproep ontvang dat daar moontlik ’n bom in die polisiekantoor geplaas is.

Die gebou is ontruim en deursoek met polisiehonde wat opgelei is om plofstof te vind, terwyl personeel buite die hek op die sypaadjie gestaan en wag het. (Berig deur Liesel le Roux)