Driejarige sterf na byt van Kaapse kobra

Mornay Thysse van Oudtshoorn Nooddienste met die Kaapse kobra. Foto: Facebook

Mornay Thysse van Oudtshoorn Nooddienste met die Kaapse kobra. Foto: Facebook

Deur Ilze-Mari Gründling
’N DRIEJARIGE seuntjie van Bakenskraal buite Oudtshoorn is gister oorlede nadat ’n Kaapse kobra hom gepik het.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het Brenlyn Moos volgens sy ma, Bernedine Moos, geslaap, maar het sy hom skielik hoor skree. Toe sy in die kamer kom, het hy inmekaar gesak.
Sy het twee bytmerke aan sy gesig gesien.
’n Ambulans is ontbied, maar Brenlyn is op die toneel dood verklaar.
Mornay Thysse van die Oudtshoorn Nooddienste is ontbied om die slang te verwyder. Toe hy by die Moos-huis kom, was die seuntjie egter reeds dood.
Die 1.6 meter lange Kaapse kobra is onder die bed gevind en van die toneel af verwyder.