Polisie vra hulp

DIE polisie vra hulp van die publiek nadat ’n 18-jarige vrou op 25 Augustus deur vier onbekende mans betas is.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die tiener alleen in ’n gangetjie in Stuurmanstraat gestap toe die onbekende mans aan haar privaatdele en borste gevat het.

Die mans is onbekend aan haar.

Alle inligting sal volgens Michaels vertroulik hanteer word.

Persone met inligting oor die voorval kan die Kinderbeskermingseenheid (FCS) skakel by 044 203 7500.