Polisie vra hulp met oplos van ‘ou’ moorde

DIE Oudtshoorn Polisie vra hulp van inwoners met hul ondersoek na die volgende moorde wat in 2015 en 2016 plaasgevind het:

• Die moord op André Olckers – sy liggaam is die nag van 17 Mei 2015 op die werf in Lynerstraat 5 gevind.

• Die moord op Maria Majolla – haar liggaam is op 31 Julie 2016 met verskeie steekwonde in Madonnastraat 5, Rosebank gevind.

• Die moord op Justin April van die GG Kamp – hy is op 22 September 2016 op Oudtshoorn aangerand en op 27 September 2016 in die George Hospital oorlede.

Inligting sal vertroulik hanteer word. Kontak ao Martin le Roux by tel 044 274 4400.