Polisie vra hulp met inligting oor fetus
Die Oudtshoorn Polisie het ’n beroep op inwoners gedoen dat enigeen met inligting oor ’n fetus wat Vrydag (28 Oktober) by die Oudtshoorn Rioolplaas gevind is, die Oudtshoorn Polisie sal kontak. Volgens ao Gretchen Michaels, polisiewoordvoerder, was dit ’n vier maande-oue fetus wat vermoedelik doodgebore is, en het die vrou betrokke waarskynlik die fetus probeer wegsteek. Kontak die polisie by 044 272 9000 met enige inligting. Foto: Die Hoorn-argief