Polisie vind tik by dorp-ingang

Rooi Golf dwelms

VIER verdagtes is Sondag by ’n ingang van Oudtshoorn deur die polisie in hegtenis geneem nadat dwelms in hul besit gevind is.

Die inhegtenisname het net buite Oudts­hoorn op die George-pad plaasgevind.

Volgens sers Gret­chen Michaels, ’n woord­voerder van die Oudtshoorn Polisie, is ’n rooi Volkswagen Golf omstreeks 15:45 naby die vulstasie by die ingang afgetrek.
Michaels sê die poli­sie het be­slag gelê op 45 gram tik.