Polisie soek man met nommer 35

DIE Oudtshoorn Polisie is op soek na ’n man wat verlede Donderdagoggend vroeg ’n vrou op die Oudtshoorn Gholfbaan aangeval het.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder die Oudtshoorn Polisie, het die vrou omstreeks 06:50 oor die gholfbaan werk toe gestap toe sy van agter deur ’n man aangeval en gewurg is. Hy het haar ook probeer verkrag.

“Die vrou het terugbaklei waarna die man met haar selfoon en beursie gevlug het. Hy het ’n swart kortbroek en swart langmoutop met ’n nommer 35 voorop aangehad,” sê Michaels.

Enigeen met inligting kan ao Le Roux kontak by tel 044 203 7500.

Die polisie sal alle inligting wat aan hul deurgegee word, vertroulik hanteer.