Polisie by tandeman

’N MAN van Oudtshoorn gaan deur die SA Tandheelkundige Tegniese Raad aangekla word vir die bedryf van ’n onwettige laboratorium, die besit van valstande en die vervaardiging van valstande.

Die man se besigheid is gister deur die polisie besoek nadat ’n klagte ingedien is deur ’n afge­vaardigde van die SA Tandheelkundige Tegniese Raad.

Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die praktyk na bewering nie volgens wet geregistreer nie.