Deur Liesel le Roux
Oudtshoorn se inwoners kan dankbaar wees teenoor die sowat 40 Oudtshoorniete wat Maandagaand ’n dinkskrum oor die KKNK se 25ste verjaardagviering in 2019 bygewoon het.
Inwoners (almal) is in die pers en sosiale media genooi om dié dinkskrum by te woon – ’n inisiatief van ’n groep mede-inwoners – wat wil help om dié kwarteeuviering van Suid-Afrika se eerste kunstefees ’n groot en goeie fees met baie besoe-kers te maak.
Daar is vrae gevra, voorstelle gemaak, leemtes geïdentifiseer.
Daar was baie idees.
Dit is goed om te weet mense wil saamdink en beplan vir 2019 se KKNK.
Dit was ook goed om mense geesdriftig én passievol oor hul dorp te sien.
Ons hoop nog Oudtshoorniete gaan in groot getalle betrokke raak om soos met die “geboorte” van die KKNK met hul geesdrif die res van die land te wys hoe ’n kunstefees moet lyk.
Tien uit tien ook aan die KKNK-personeel wat kom luister en saampraat het.