’N PLAASBEWONER van die Calitzdorp-distrik, Hermanus Ceaser (43) word vermis.
Volgens kapt Anna May, stasiebevelvoerder van die Calitzdorp Polisie, woon Ceaser op ’n plaas van Herman Matthee in Langverwacht, Calitzdorp en is hy Vrydagaand 28 April laas op die plaas gesien.
Ceaser is skraal gebou en loop moeilik.
Kapt May sê volgens Ceaser se familie is dit nie die eerste keer wat hy die huis verlaat en net in ’n rigting in begin loop nie.
Enigiemand met inligting oor Ceaser word versoek om ao Lerm te kontak by 079 893 9975.