Nooddienste is Sondag 13 Oktober inderhaas na die toneel van ’n voertuigongeluk buite Oudtshoorn ontbied.
Aanvanklike inligting het aangedui dat talle mense in die voorval beseer is, maar volgens ’n polisieverklaring is slegs die bestuurder vir ligte beserings behandel.
Die voorval was omstreeks 10:35 gebeur, toe ’n Opel-bakkie die pad verlaat het.
Volgens mense op die toneel was daar ’n groep volwassenes en kinders in die bakkie tydens die ongeluk. Terwyl die polisieverklaring van ao. Joseph Swartbooi, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, slegs die voorval bevestig het Die Hoorn inligting bekom dat die bakkie glo 17 passasiers gedra het.
Dit blyk dat ’n band gebars het waarna die bestuurder beheer verloor het. Van die passasiers op die bakkie is vir geringe beserings behandel.
Volgens Swartbooi het die polisie ’n botsingsverslag geregistreer. Sy verklaring lui as volg: “Kindly be advised that the driver of a white Opel LDV was travelling on the N12 between Dysselsdorp and Oudtshoorn on Sunday 13 October 2024. The driver lost control of the vehicle and the vehicle the left the road.
The driver of the motor vehicle sustained minor injuries and was treated on the scene by medical personnel. Oudtshoorn police registered an accident report enquiry.” (HANNES VISSER)
Passasiers op bakkie slegs lig beseer
Die wit bakkie wat in die ongeluk betrokke was. Foto verskaf