Henzel wen TV

Jean-Pierre Byleveld van Badenhorst Slaghuis saam met die gelukkige wenner, Henzel Booysen by die televisie wat hy gewen het. Foto verskaf

’n Oorstelpte Henzel Booysen van Toekomsrus was Woensdagmiddag by die werk toe hy die oproep ontvang dat hy die trotse eienaar van ’n 65” televisie ter waarde van R10 000 is.

Sy naam is Woensdagmiddag getrek as die wenner van Die Hoorn en Badenhorst Slaghuis se kompetisie.

Badenhorst Slaghuis het die afgelope vier weke hulle Vreklekker Volstruispromosie gehad en in samewerking met Die Hoorn het lesers die ge-leentheid gehad om vir die kompetisie in te skryf.

Lesers en kliënte van Badenhorst moes tydens die vier weke drie vrae in Die Hoorn beantwoord en ’n uitknipstrokie met die korrekte antwoorde in ’n houer by Badenhorst Slaghuis gooi.

Jean-Pierre Byleveld van Badenhorst Slaghuis het Woensdagmiddag die trekking gedoen en Henzel se inskrywing is getrek.

Nadat bevestig is dat sy antwoorde korrek was, het Die Hoorn hom telefonies gekontak.

Hy het net na werk sy prys by Badenhorst Slaghuis in ontvangs geneem. (HANNES VISSER)