Foto van die Week: 18 Oktober 2024

Besige bytjie hard aan die werk. In ’n Amandelboord naby Calitzdorp het bye die seisoen fluks gewerk om die blomme te bestuif. Daar is min dinge so mooi soos ’n boom in volle blom, en dit kondig ook die aankoms van lente aan. Amandelblomme kan wit of pienk lyk, dit hang af van watter kant die boom bekyk word. Foto: Neil Saayman