Panga-aanvaller in hof

’N MAN het Dinsdag in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn nadat hy en nog ’n onbekende man na bewe­ring ’n 30-jarige inwoner van Bongolethu in sy huis aangeval, beroof en met ’n panga op die heup gekap het.

Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 01:40 op Saterdag 14 Maart 2020 in 5de Laan, Bongolethu plaasgevind.

’n Televisiestel ter waarde van R3 000 en ’n selfoon ter waarde van R4 000 is gesteel. Phumlani Majola is dieselfde middag in hegtenis geneem. Die saak is deur landdros Maseti tot 31 Maart uitgestel. (Deur Angelique Erasmus)

Be the first to comment on "Panga-aanvaller in hof"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*