Sms’e van lesers

■ Die virus het ons ingehaal. Baie mense dink dit was ’n grap, maar wat gaan die munisipaliteit omtrent die sakkrappers doen? Hulle krap rond in vrot kos-tissues wat deur mense gebruik is om hul neuse skoon te blaas, was nie hulle hande nie en gaan terug na hulle vriende en familie en dra kieme oor na hulle. Dit is ’n tydbom. Die polisie moet optree, want hulle kan mense se dood veroorsaak. JB
(Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudts­hoorn Polisie, antwoord as volg op die sms: Die polisie het sekere magte volgens wet en ook sekere bevoegdhede met die Regulasies uitgereik ingevolge Artikel 27 (2) van die Wet op Rampbestuur. Ons kan nie net links en regs mense arresteer nie. Ons kan dit wel onder die Munisipaliteit se aandag bring en saam met hulle aksies loods om so ’n gevaar af te weer, veral as daar sulke gevalle by ons aangemeld word.)

■ Ons besit ’n sogenaamde waterlei-erf waarvoor ons elke maand R200 aan die munisipaliteit moet oorbetaal. Ons gebruik dit nie, aangesien daar die afgelope sowat drie jaar weinig, indien enige leiwater beskikbaar was. Na vertoë het hulle ’n amptenaar gestuur om te kom inspeksie hou. Daarna is ek ingelig dat die maandelikse heffing terugwer­kend terugbetaal sou word. Geen aksie het gevolg nie en selfs twee beloftes van ’n ander amptenaar (baie vriendelik en behulpsaam oor die foon) het niks opgelewer nie. My vraag is nou: Hoe kan jy betaal vir iets wat nie beskikbaar is nie en waarin ek in elk geval nie belangstel nie. Die ou holruggeryde rede van infrastruktuur en instandhouding en beskikbaarheid geld nie meer nie, want nie een van die sogenaamde redes hierbo genoem, geld in elk geval al lankal nie meer nie.

Be the first to comment on "Sms’e van lesers"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*