Saak teen verkeersman laaste keer uitgestel

DIE saak teen ’n verkeersbeampte van die Oudtshoorn Munisipaliteit wat van korrupsie aangekla word, is Vrydag in die streekhof as gevolg van te min hoftyd finaal tot Meimaand uitgestel.

Marshall Wagenaar staan tereg op twee aanklagte van korrupsie deurdat hy na bewering in April 2017 onderskeidelik R2 500 en R3 500 van twee broers, Johannes en Nicolas Mulder, ontvang het vir vroeër datums om hul swaarmotorvoertuiglisensies te be­kom.

Streeklanddros Ntsoki Moni het op versoek van die staat die saak vir die laaste keer en vir verhoor tot 27 Mei 2020 uitgestel.

Wagenaar is uit op waarskuwing. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Saak teen verkeersman laaste keer uitgestel"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*