Weer tyd vir die Nuts & Bolts Rally!

Drie spanne van Oudtshoorn het van verlede Woensdag tot Sondag deelgeneem aan die Nuts & Bolts Rally waar­mee geld ingesamel word vir liefdadigheid. 45 voertuie - elk beman deur ’n bestuurder en ’n passasier - het aan die ral­ly deelgeneem wat hulle van Plettenbergbaai deur die Baviaanskloof tot in Die Hel, en daarna na Calitzdorp, Matjiesvlei, Herbertsdale en die Gouritzrivier geneem het. Oudtshoorn se onverskrokke avonturiers hier by hul voertuie is van links Lea en Henry Fourie, Deon Bosman, Daan Botha, Jean du Plessis en George Victor. Foto: Stefan Skapie Goosen