Oudtshoorn Polisie werf tans reserviste, wat ’n geleentheid vir belangstellendes bied om as vrywilligers by die SAPD aan te sluit en hul gemeenskap te dien deur misdaad hok te slaan.
Mense tussen die ouderdomme van 25 en 40 jaar kan aansoek doen. Persone wat suksesvol is, sal deur die SAPD opgelei word en dienste saam met die operasionele lede verrig.
Aansoekers moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees, geestelik, fisiek en medies geskik wees, ’n vaste werk hê en en in besit wees van ’n senior sertifikaat.
Volledige vereistes en aansoekvorms is beskikbaar by Grieta Nel by die Oudtshoorn Polisiekantoor, kamer 103 op die eerste vloer. Sy kan gekontak word by tel 044 203 9043.