Suzaan Ellis se naam is al vir 23 jaar sinoniem met Master Maths in Oudtshoorn. Haar wiskundesentrum was een van vyf finaliste in kategorie A vir Master Maths-tak van jaar 2025
“Dit is vir my ’n groot eer om die prys te wen en ek kon dit nie doen sonder die volgehoue ondersteuning van al die skole, my leerders en hul ouers nie, en natuurlik ʼn uitstekende span personeellede,” vertel sy.
Daar is 125 Master Maths-takke in die land asook in Namibië. Die program wat hul gebruik om leerders te help met wiskunde bestaan reeds 50 jaar; ’n ware getuienis dat hierdie program werk.
Suzaan het haar tak in 2002 oopgemaak en help steeds daagliks leerders vanaf gr4 tot gr12, asook kinders wat Master Maths matriek wiskunde kan oorskryf, om wiskunde baas te raak.
“Dis vir my belangrik dat my leerders nie bang is vir wiskunde nie en met selfvertroue die vak aanpak. Daar word op elke kind as individu gefokus en die program word aangepas by elke kind se behoefte om sukses te verseker,” sê sy trots.
Haar klasse is sakpas en die tweede goedkoopste in die ses verskillende prysstrukture. ’n Uursessie kos slegs R177 vir die 2ure per week kontrak, wat nie net markverwant is nie, maar ook baie billik as dit vergelyk word met soortgelyke programme.
Kontak gerus vir Suzaan by 082 725 3209. Haar perseel is geleë by Langenhoven Gimnasium, maar alle skole besoek die twee klasse in haar sentrum.

Be the first to comment on "Oudtshoorn Master Maths skitter"