Raak betrokke by museum

Bo: Die groep vrywilligers, opleidingspersoneel en lede van die museumraad wat Dinsdag by die CP Nel museum geswoeg het. Onder: Oudtshoon se bekende erfeniskun-dige, Hazel Jonker, hard aan die werk in een van die vertrek-ke van die museum. Foto’s: Hannes Visser

Te danke aan die harde werk van vrywilligers en die betrokkenheid van enkele sakemanne op die dorp is die CP Nel-museum besig om uit die stof van die afgelope sewe jaar op te staan.

Volgens Herman Labuschagne en Carol Jeal, onderskeidelik voorsitter en ondervoorsitter van die museum se raad, het hulle tans ‘n groot personeeluitdaging en is die hulp van vrywilligers welkom.

Mense wat betrokke wil raak op verskillende terreine van die museum en die Le Roux Dorpshuis kan gerus met Herman (082 800 8621) of Carol ( 083 268 6708) kontak maak om te hoor watter behoeftes daar nog is. (HANNES VISSER)

Be the first to comment on "Raak betrokke by museum"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*