Oudtshoorn Ford vier goue mylpaal

Bo: Die bekwame Oudtshoorn Ford-span, in hul vertoonlokaal wat onlangs oorgedoen is. Besoek hul gerus om die wye verskeidenheid nuwe en tweedehandse motors te besigtig. Foto: Angelique Erasmus

Oudtshoorn Ford, vier op 1 Augustus 2024 ’n groot mylpaal. Dit is 50 jaar vandat Een Stop Ford hierdie motorhandelaar by Ford oorgeneem het, alhoewel Ford reeds 104 jaar in Oudtshoorn is.

Die Hoorn het met Dirk Olivier, algemene bestuurder van Oudtshoorn Ford gesels oor hoe hierdie handelaar steeds een van die voorloper handelaars is.

Oudtshoorn Ford bied splinternuwe spogmotors te koop aan die publiek, en het vroeër vanjaar op 25 April 2024 die nuwe Ford Territory bekend gestel. In 2006 het hulle die prys gewen vir “Best Supporting Dealer”.

Dit is nie die enigste motors wat hul verkoop nie. Hulle het ’n verskeidenheid goeie tweedehandse motors van enige fabrikaat beskikbaar. Hul het immers in 2022 weggestap met die prys vir die beste gebruikte motors vir die jaar toekenning.

“As hy nie op die vloer staan nie, sal ons seker maak om hom te soek,” vertel Olivier.
Hulle diens ook enige fabrikaat motor sodra daardie motor die einde van sy diensplan bereik. Hulle is by die RMI (Retail Motor Industry Organisation) geregistreer, wat hul in staat stel om enige fabrikaat in hul werkswinkel te kan diens.

Daar is ook ’n rybaan en kiosk waar allerhande lekkernye te koop is terwyl kliënte wag vir hul motor en selfs ’n petrolstasie waar motors vol brandstof gegooi word, met vinnige en vriendelike diens.
Nog ’n ekstra diens wat Oudtshoorn Ford aan die publiek bied, is om die hernuwing van motorlisensies te vergemaklik. Hul neem sommer lisensies in ’n japtrap uit, bring net die geld en dokument, en een van hul betroubare werknemers doen al die wag- werk vir jou.

“So kan kliënte vermy om in lang vervelige toue te staan, deur hierdie diens wat ons bied,” sê Olivier.

Daar is ook opwindende nuwe opgraderings wat by Oudtshoorn Ford plaasvind. Die vertoonlokaal se opgradering is reeds voltooi, met die ontvangs area en admin kantore wat volgende op die lys is. Daarna kry die rybaan en werkswinkel ’n nuwe baadjie, om by hulle nuwe handelsnaam en gesig te pas. Maak ’n draai en hou gerus die spasie dop.

“Ons wil graag vir die inwoners baie dankie sê vir 50 jaar se volgehoue ondersteuning. Sonder julle sou ons beslis nie die wonderlike mylpaal bereik het nie.”

Kliënte en inwoners kan enige komplimente of klagtes direk aan Olivier stuur via ’n e-pos, sodat dit onmiddellik onder die bestuur se aandag gebring kan word, en aandag kan kry.

“As ons weet van die foute, dan weet ons wat om reg te maak, en so kan ons beter diens lewer aan ons kliënte,” sluit Olivier af.

Kontak gerus vir Oudtshoorn Ford op 044 272 6168 of stuur ’n e-pos na dirk@oudtshoornford.co.za of besoek hulle vertoonlokaal te Voortrekkerweg 45, Oudtshoorn.