Lekkerste vleis in die hele Suid-Afrika!

Foto verskaf

Karoo Lusern Plaasslaghuis het ’n eerste vir Oudtshoorn gebring, nadat hulle op 6 Julie 2024 as die beste slaghuis in Suid-Afrika aangewys is, tydens die “The Cleavers Best Butcher Awards”, in Pretoria.

Oudtshoorn se inwoners, besighede en selfs die uitvoerende Burgemeester, Chris Macpherson het gebars van trots, op hierdie wonderlike prestasie wat Cornel Landman, en sy span verwerf het.

Gelukwensings het van oral af ingestroom op sosiale media, vir die uitmuntende Karoo Lusern- span, wat nie net op goeie gehalte vleis en verpakking fokus nie, maar uitstekende kliëntediens en goeie slaghuis-higiëne toepas.

“Ons streef daarna om elke kliënt wat by die deur instap op die hande te dra” sê Landman.
Hul het ook die prys vir die beste slaghuis in die Wes-Kaap ingepalm.

Tydens ’n onderhoud wat verledeweek plaasgevind het met Oudtshoorn se burgemeester, en op sosiale media te sien is, het Landman hul opwindende toekomsplanne gedeel. Hul beoog om op die plaas uit te brei deur ’n bakkery, gesondheidswinkel en ook ’n koffiewinkel oop te maak.
Daar is ook planne vir ’n restaurant en drankwinkel.

“Ons kliënte kan in die toekoms vir hul heerlike gehalte steak koop, en ook ’n lekker bottel rooiwyn om saam met dit te geniet,” vertel Landman.

Besoek gerus Karoo Lusern Plaasslaghuis, sowat 5 km buite Oudtshoorn op die Rooiheuwelpad, en sien, beleef en proe self hierdie heerlike kwaliteitprodukte wat hul te koop aanbied.

Kontak hul gerus by 066 161 4739 of 044 272 0355. Besoek ook hul Facebookblad: Karoo Lusern Slaghuis, vir hul weeklikse winskopies en spesiale aanbiedinge.