Langenhoven Gimnasium se sportspanne het verlede naweek in Montagu gaan kuier met hulle sportdag teen Hoërskool Montagu.
Gimmies het hul naam hoog gehou op die sportvelde met uitstekende gedrag en goeie wedstryd-uitslae.
Die rugbyspanne het 5 van hul 7 wedstryde gewen. Die 1ste span het naelskraap hul wedstryd verloor met 36-38.
Die netbalspanne het ook ’n goeie dag op die bane beleef met 9 uit 11 wedstryde wat gewen is en die kersie op die koek was die 1ste span se oorwinning van 28-25.
Die hokkieseuns en -dogters het strawwe kompetisie op die hokkieveld gehad toe die B-spanne van Gimmies teen Montagu se A-spanne gespeel het.
Die o.14B-dogters en die o.16B seuns en dogters het hul wedstryde gewen. Die o.19 B-span van die dogters het hul wedstryd teen Montagu se 0.19 A-span verloor met 0-3, terwyl die o.19B-seuns hul wedstryd teen Montagu se o.19 A-span met 0-1 verloor het. (Deur Lindi Brill)