Deur Angelique Erasmus
’N VOORMALIGE raadslid van Oudtshoorn het Dinsdag vlugtig in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op ’n diefstalklag
Pierre Nel (64) het na bewering omstreeks 11:30 op 14 Julie verskeie items – ’n pampoen, avokadopeer, koerant en maalvleis – by Pick n Pay op Oudtshoorn gesteel.
Die waarde van die goedere was R264,90. Nel het skuld erken en ’n boete van R300 betaal.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie is die items in sy besit gevind sonder dat daarvoor betaal is.
Nel was raadslid van 2006 tot 2015 en het ook ’n tyd lank as speaker gedien.