Deur Garnett Wicomb
DIE lang uitgerekte verhoor van ’n egpaar van Oudtshoorn wat hulle glo met onwettige staatstenders verryk en begunstigdes benadeel het, is vir uitspraak van ’n Artikel 174-ontslagaansoek van die verdediging tot volgende maand uitgestel.
Gideon Badenhorst, regsverteenwoordiger van die beskuldigdes, Marthinus en Johanna Rabie, vra die staat om hulle te ontslaan omdat hy van mening is dat die staat nie sy saak bo redelike twyfel kon bewys nie en daar te veel weersprekings van getuies is.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, opponeer die aansoek omdat hy van mening is daar is genoeg getuienis voor die hof wat tot skuldigbevinding kan lei.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak vir ’n beslissing tot 18 Junie 2019 uitgestel.