Die Hoorn is opgewonde om ’n nuwe Werwingsdiens (Recruitment) vir werksoekers en besighede aan te bied wat daarop gemik is om werksoekers en besighede maklik en vinnig bymekaar te bring, sonder die gewone kopsere.
Die aanvaar vir die diens is geïdentifiseer nadat Die Hoorn self onlangs ’n pos geadverteer het en ongelooflik baie CV’s ontvang het. Daar is beslis ’n leemte in die mark vir so diens.
“Vir my persoonlik help dit altyd as daar ’n mooi netjiese foto by is, en ek die inligting waarna ek soek maklik en vinnig kan kry,” vertel Angelique Erasmus, mede-eienaar van die koerant.
Sy brei ook verder uit dat sodra skewe foto’s van bladsye of slegte afdrukke in foto formaat (JPEG of PNG) ontvang word, skep dit dadelik ’n onprofessionele indruk van die persoon wat dalk heeltemal verkeerd is.
Die kantoor ontvang gereeld navrae van besighede wat nie noodwendig poste wil adverteer nie, maar eerder vra vir CV’s van geskikte kandidate.
Die diens help werksoekers om professioneel aan potensiële werkgewers voorgestel te word, terwyl dit ook besighede help om vinniger geskikte kandidate te vind sonder om deur honderde aansoeke te sif.
Diens vir werksoekers
Werksoekers kan gebruik maak van Die Hoorn se basiese pakket teen R350.
Hierdie pakket sluit die volgende in:
- Neem van ’n professionele foto wat digitaal beskikbaar is.
- Opstel van ’n eenbladsy-profiel (one-pager) met al jou relevante inligting.
- Ons hou ’n afskrif van jou bestaande CV op rekord, sonder enige veranderinge.
Opsionele addisionele diens – R150
Vir ’n addisionele bedrag van R150 kan ons ook vir jou ’n netjiese, volledige CV opstel.
Hierdie diens sluit in:
• ’n Netjiese digitale weergawe van jou CV.
• ’n Digitale en gedrukte kopie wat jy self aan potensiële werkgewers kan stuur.
Die CV sal ook op rekord by Die Hoorn gehou word.
Wanneer ’n besigheid jou one-pager kortlys as ’n moontlike kandidaat, sal ons jou volledige CV aan hulle stuur. Die besigheid sal jou daarna direk kontak en self jou verwysings opvolg.
Die doel van hierdie diens is om werksoekers die beste moontlike kans te gee om vir ’n pos oorweeg te word. Hoewel Die Hoorn nie kan waarborg dat jy die pos gaan kry nie, kan dit beslis help om sigbaarheid en werksgeleenthede te verbeter.
Diens vir besighede
Besighede wat iemand soek om ’n pos te vul, kan ook van Die Hoorn se werwingsdiens gebruik maak.
Die koste is R500, waarna Die Hoorn in sy databasis sal soek vir toepaslike kandidate wat moontlik vir die pos geskik kan wees. Ons stuur dan vir die besigheid eenbladsy-opsommings van elke kandidaat met al die nodige inligting.
Die werkgewer kan daarna self besluit watter kandidate se volledige CV’s hulle wil sien, watter verwysings opgevolg moet word, en wie vir onderhoude genooi word.
Indien daar nie ’n geskikte kandidaat in die databasis gevind word nie, kan die pos teen ’n spesiale advertensietarief op Die Hoorn se sosiale media bladsye geadverteer word.
Die Hoorn hanteer ook al die e-posse en aansoeke namens die besigheid, sonder enige ekstra koste. Dit beteken besighede hoef nie self deur talle CV’s en aansoeke te sif nie.
Met hierdie nuwe diens hoop Die Hoorn om werksoekers en besighede in die streek beter met mekaar te verbind en so nuwe werksgeleenthede in die gemeenskap te help skep.
Om gebruik te maak van hierdie nuwe diens: kontak vir Granwille by 044 272 5605, of stuur ’n e-pos na admin@hoorn.co.za. Gebruik die woord WERWING of RECRUITMENT in die onderwerplyn van die e-pos. (GRANWILLE GOLIATH)
