Rekrute wat in Februarie met hulle polisie-opleiding by die SAPD oplei-dingsakademie in Oudtshoorn begin het, se opleiding het verlede week met ’n uitpasseringsparade geëindig.
Die 453 nuwe konstabels moet nou ’n proeftydperk van nege maande deurloop voordat hulle permanent in diens geneem word. Elke konstabel word uitgeplaas na die polisiestasie waar hy of sy aanvanklik ’n aansoek om opleiding ingedien het. Agt van die nuwe lede kom van Oudtshoorn af en het hulle aansoeke hier ingedien.
Hulle word vir die volgende nege maande by polisiestasies hier aangewend.
Die SAPD-uitpasseringsparade vind elke jaar op die De Jagersportgronde plaas en lok talle familielede van die rekrute wat die dag met hulle kom deel. Buiten die amptelike parade was daar ook ’n aantal vertonings wat deur die jong konstabels gelewer is. (HANNES VISSER)






