As kankeroorwinnaar is Japie Coetzee sedert 2021 betrokke by die Irma Bruchi-huis in George waar kankerpasiënte tydens bestralingstydperke kan bly.
Die huis maak voorsiening vir inwoning vir ’n periode van tot ses weke waartydens pasiënte afsprake by die onkologie-afdeling het. Coetzee loods gereeld projekte om fondse in te samel om die huis by te staan. Die mees onlangse projek was ’n stap-vir-kanker geleentheid wat in Mandelahoogte gedurende September gehou is.
Twee inwoners, Roydon Engelbrecht en Abraham Serfontein het Coetzee op 10 Oktober na George vergesel waar die geld wat ingesamel is, aan die Irma-Bruchi-huis oor-handig is. (HANNES VISSER)