Noue ontkoming vir Coleridge-vrou

Die beskadigde voertuig van Sophy Moos van Van der Merwe­straat, Colridge Uitsig. Foto: Elroy Wicomb

’N VROU van Colridge View-Oos het Donderdag (23 September) ’n noue ontkoming gehad toe sy met haar voertuig by haar erf in Van der Merwestraat wou indraai en ’n Volks­wagen Polo wat haar wou verby­steek, haar voertuig op die regter- voorwiel getref het.

Volgens die vrou, Sophy Moos, het sy haar boeglam geskrik.

“Ek kon dood gewees het of erns­tige beserings opgedoen het indien die Polo my voertuig op die regter-voordeur getref het.

“Dis net genade en ek is baie dankbaar,” sê sy.

Volgens haar was haar motor se rigtingwyser aan en was sy reeds besig om by haar inrit in te draai toe die Polo haar tref.

Sy sê die jong bestuurder van die Polo het net so groot geskrik, haar om vergifnis gevra, en haar mee­gedeel dat hy nie oor ’n rybewys beskik nie.