NLT hou eerste Str(hooi)dag

Die NLT (Nasionale Lusern Trust) het op Dinsdag en Woensdag, 16 en 17 Julie vanjaar vir die eerste keer ’n “Kom praat saam Str(hooi) dag aangebied. Daar is oor die twee dae oor verskeie onderwerpe soos visuele inspeksie van bale, toets van vog, neem van monsters en Protokolle vir gradering gesels. Boere van regoor die Klein Karoo, en hooihandelaars vanaf die Noordkaap het hierdie twee inligtingsdae bygewoon, en dit baie geniet. Foto: Angelique Erasmus