Neem kennis: Dié minimumloon is geldig vanaf 1 Maart vanjaar

DIE nuwe minimumloon is Maandag 8 Februarie 2021 in die staatskoerant bekend gemaak. Die minimumloon word met ingang 1 Maart 2021 verhoog vanaf R20,76/h na R21,69/h.

Huiswerkers se loon verhoog na R19,09/h.

Plaaswerkers se loon verhoog na R21,69/h vanaf R18,68/h. Dit is ’n verhoging van 16,1%.

Daar is ook nuwe verhogings vir die groot- en die kleinhandelbedryf. Die staatskoerant kan afgelaai word by https://www.gov.za/sites/default/files/ gcis_document/202102/44136gon76.pdf (Deur Heinrich Bosman)