’n Kanna vir Oudtshoorn se Hans

Hans van der Veen. Foto: Natalie Gabriels Photography

Bekende fotograaf van Oudtshoorn, Hans van der Veen, is Donderdag 14 Mei met ’n spesiale Kanna vir diens aan die KKNK vereer.

Die toekenningsgeleentheid, waar uitnemendheid by die KKNK jaarliks beloon word, is vanjaar by Leopard’s Leap in Franschhoek aangebied.

Van der Veen is vereer vir sy jarelange bydrae en diens aan die kunstefees, wat vanjaar sy 30ste bestaansjaar gevier het.
Die fees is van 28 Maart tot 4 April in Oudtshoorn aangebied.

Die groot wenner van die aand was Hertzogpryswenner Nicola Hanekom se plekspesifieke drama Die gebed van ’n halfmens, wat vier Kannas ontvang het.

Volledige lys wenners:

  • Beste aanbieding: komedie – Beste van alle tye
  • Beste aanbieding: toneel – Die gebed van ’n halfmens
  • Beste aanbieding: musiekteater – Ek is nie Danie
  • Beste debuutwerk: musiek – Amanda Strydom en Je-Ani Swiegelaar (Tillie / Mathilda)
  • Beste debuutwerk: toneel – Die gebed van ’n halfmens
  • Beste aanbieding: kontemporêre musiek – Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective
  • Beste aanbieding: Blitsteater – Badtyd
  • Uitnemende literêre bydrae – Tom Lanoye vir die vertaling van Atropa: Die wraak van vrede
  • Beste ensemble – GAT
  • Beste regie – Marthinus Basson (Boklied)
  • Beste vroulike speler in ’n hoofrol – Anna-Mart van der Merwe (Atropa: Die wraak van vrede)
  • Beste manlike speler in ’n hoofrol – Andrew Buckland (The Fool’s Guide)
  • Beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol – Daneel van der Walt (ge-gebergtes)
  • Beste manlike speler in ’n ondersteunende rol – Brendon Daniels (Die gebed van ’n halfmens)
  • Beste ontwerp en/of tegniese bydrae – Nicola Hanekom en Elana-Marié Snyman (Die gebed van ’n halfmens)
  • Beste aanbieding: visuele kuns – PLEK / PLACE: ’n Geografiese of emosionele ruimte deur Liza Grobler
  • Beste aanbieding: kindervermaak – Zip Zap Circus (MOYA)
  • Beste opkomende kunstenaar of nuweling – Heinrich Wentzel (Akrasia)
  • Spesiale Kannapaneel-prys – Die tegniese personeel van die 30ste KKNK
  • Spesiale Kanna vir diens aan die KKNK – Hans van der Veen
  • Kanna vir uitsonderlike tegniese diens aan die KKNK – Ingrid Blumer

Lees ook:

Plekspesifieke drama lei by KKNK Kannas

30ste KKNK sluit af met dankbaarheid