Munisipale afslag vir pensioentrekkers

Deur Liesel le Roux
TALLE pensioentrekkers wat in die Groter Oudts­hoorn woon, is nie daarvan bewus dat hulle in aanmerking kom vir afslag op hul munisipale tariewe nie.

Pensioentrekkers van 60 jaar en ouer wat hul eie eiendom besit en wie se inkomste nie R12 000 per maand oorskry nie, kwalifiseer vir 35%-korting op hul munisipale belasting asook 50 eenhede gratis elektrisiteit en 6 kl ekstra gratis water.

Inwoners wat hiervoor in aanmerking kom, kan die nodige vorms – beskikbaar by hul raadslede of by die munisipaliteit – voltooi.

Inwoners met navrae hieroor kan raadslid Johan Fourie kontak by sel 082 771 6580.