Dis weer tyd vir Jeugkuns- en Fotoweek

DIE jaarlikse Jeugkuns- en Fotoweek skop weer volgende week op Oudtshoorn af.

Kunswerke en foto’s deur jong kunstenaars en fotograwe van die Klein Karoo en omstreke sal vanaf Donderdag 8 Augustus tot Saterdag 10 Augustus in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn te sien wees.

Voorskoolse inrigtings, laer- en hoërskole, tersiêre inrigtings en spesiale skole is genooi om kunswerke in te stuur vir die week.

Die uitstalling is op dié drie dae tussen 10:00 en 18:00 oop.

Die jaarlikse Jeugkuns- en Fotoweek is ’n inisiatief van die Hoërskool Oudtshoorn en word ondersteun deur die ATKV.