Mr & Miss Grand Oudtshoorn: Kom deel jou talent!

Keedon Vaaltyn (21). (Foto verskaf.)

HY hoop mense sal Saterdagmiddag (9 April) in groot getalle opdaag vir Mr & Miss Grand Oudtshoorn wat in die saal van Bridgton Sekondêr aan-gebied word, sê Keedon Vaaltyn (21).

“’n Geleentheid soos hierdie bied jongmense die geleentheid om hul talent met ander te deel en om meer selfvertroue op te bou.

“My boodskap vir jongmense is: Don’t compare yourself to others. Be like the sun and the moon and shine when it’s your time.”

Keedon praat uit ondervinding. Hy is self ’n finalis in die Mr Universal SA-modelkompetisie wat in Junie in Gauteng aangebied word.

Hy het vir dié nasionale kompeti-sie gekwalifiseer nadat hy in November verlede jaar die naaswenner was van die Wes-Kaapse kompetisie.

Hy is trots dat hy Oudtshoorn en die Wes-Kaap in dié kompetisie sal kan verteenwoordig, sê Keedon.
Volgens hom maak Saterdag se Mr & Miss Grand Oudtshoorn deel uit van ’n fondinsamelingsprojek wat hy vir sy deelname in Gauteng moet doen.

Keedon het aan Bridgton Senior Sekondêr gematrikuleer en studeer tans aan die Suid-Kaap Kollege op Oudtshoorn

• Kaartjies vir Mr & Miss Grand Oudtshoorn 2022 kos R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Die funksie begin om 16:00. (Deur Liesel le Roux)