Deur Liesel le Roux
’N MOSIE van wantroue teen die speaker van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, Julia le Roux, is Vrydag by ’n raadsvergadering onverwags deur twee opposisieraadslede teruggetrek nadat hulle maande lank gevra het dat dit moet dien.
Die mosie wat vra dat Le Roux “met onmiddellike effek summier van die amp van speaker van die Oudtshoorn Munisipale Raad verwyder moet word”, is einde Februarie vanjaar deur raadslede Gaven Juthe (Sarco) en Vlancio Donson (Icosa) ingedien.
Die mosie was Vrydag deel van die raadsagenda, maar is deur Juthe teruggetrek.
Hy het gesê hy sal redes vir die terugtrekking later bekend maak.